LATEST NEWS >> 
Birding at Sebayeng 2018-03-24 (Local News)
 
Die Sebayeng soekersNa twee dae van goeie reŽn was die verwagting hoog om 'n baie nat Sebayeng vleigebied te sien. Ons was reeds 05:40 oppad uit Polokwane en het daar aangekom met baie lae wolke en reŽn teen die agtergrond. Alhoewel dit koelerig was het die voŽls stadig maar seker hulself begin wys. Rooiruglaksman (Red-backed Shrike), Gewone Blousysies (Blue Waxbill) en Rooibekvuurvinkies (Red-billed Firefinch) was van die eerstes.

Die hoofdoel was om die Sprinkaansanger (River Warbler) te kry, aangesien dit die tyd van die jaar is wanneer hul aktief begin roep voordat hulle terug trek noorde toe. Die eerste sanger wat ons kon kry was 'n Europese Rietsanger (Marsh Warbler) wat vir Quintin Knoetze 'n nuwe een was vir sy lys. Ons het stadig vanaf die grondpad na die vleigebied begin loop. Hier het ons 'n onverwagte Afrikaanse Naguil (Fiery-necked Nightjar) hoor roep. Ander spesies was Konkoit (Gorgeous Bushshrike), Oranjeborsboslaksman (Orange-breasted Bushshrike) en Bruinkeelbossanger (Burnt-necked Eremomela). Ons het ons koffie en eet goedjies benuttig en toe die nattigheid met waterskoene aangepak.

Rooiassies (Orange-breasted Waxbill) het nes materiaal versamel onder die damwalMet die eerste tree in die vlei het ons Afrikaanse Snippe (African Snipe) opgejaag. Sangertjies wat ons hier gekry het was Kleinrietsanger (African Reed Warbler), Europese Vleisangers (Sedge Warbler), Kaapse Riet- (Lesser Swamp Warbler) en Vleisangers (Little Rush Warbler). Ander mooi spesies was Swartreier (Black Heron) en Grootkoningriethaan (African Swamphen). Ons het toe om gery na die ander kant toe van die vlei.

Net onder die damwal het ons Rooiassies (Orange-breasted Waxbill) gekry wat besig was om nes material te versamel. Almal kon hier goeie fotos kry van hierdie besonderse spesie. Ons het toe die bosse ingevaar opsoek na ander sangers. Hier het ons toe 'n hele klomp ander spesies gekry en almal het baie mooi saamgewerk sodat die groep hulle mooi kon sien. Ongelukkig was die enigste sanger wat ons kon opspoor 'n Tuinsanger (Garden Warbler) wat sag geroep het, maar ons kon hom nie sien nie. Van die Sprinkaansanger (River Warbler) was daar geen teken nie.

Edelvalk (Lanner Falcon).Op die ou einde was dit 'n goeie dag vir voŽlkyk en ons het meer as 130 spesies vir die pentad opgeteken. Van die spesies was: Edelvalk (Lanner Falcon), Swarborsslangarend (Black-chested Snake Eagle), Witpenswindswael (Alpine Swift), Horuswindswael (Horus Swift), Goudgeelvink (Yellow-crowned Bishop), Gewone Kwartelvinkie (Quailfinch), KransaasvoŽl (Cape Vulture), Grys- en GroenrugkwÍkwÍvoŽls (Grey- and Green-backed Camaroptera) bymekaar, en Pylstertrooibekkie (Shaft-tailed Whydah).
 
 
Compiled by: Richter van Tonder  
Published on: 2018-03-23  
 
Return to Latest News  


EVENTS CALENDAR

«September 2018»
SMTWTFS
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30 

LIMPOPO 2018
550 CHALLENGE
CURRENT COUNT: 518
POLOKWANE 100K
CHALLENGE 2018
LIMPOPO 550 CHALLENGE
PREVIOUS YEARS' SCORES
CONTACT DETAILS
P.O. Box 699
Fauna Park
0787
(015) 263 6473
UNUSUAL SIGHTINGS
Please report any unusual
sightings to Joe Grosel on
082 415 5250

happy birding